Winterskool 2019

Akademia bied vanjaar weer ʼn winterskool vanaf 2 tot 5 Julie 2019 om matrieks te help om nóg beter voorbereid te wees vir hulle belangrike eksamens. Hierdie jaar se winterskool word by Akademia se Moot- en Somerset-Wes-studiesentrums aangebied.

Winterskool duur ʼn dag of twee, afhangend van die sessies wat die leerlinge bywoon. Na die winterskool is daar nog meer as genoeg tyd om in jou vakansie laat te slaap, te rinkink of te rus.

Die volledige program is binnekort beskikbaar.

Hier is enkele redes hoekom jy moet oorweeg om die
Akademia-winterskool by te woon:

Akademia is ʼn gemeenskapsinstelling en daarom word die winterskool gratis aangebied. Bespreking vir die sessies wat jy wil bywoon is wel verpligtend.

Ekstra voorbereiding help matrieks om ʼn beter punt te behaal. Goeie matriekresultate lyk nie net goed op ʼn CV nie, maar is die sleutel tot verdere studie.

Video-opnames word aan leerlinge wat die winterskool wat bygewoon het beskikbaar gestel om jou werk te hersien en in jou verdere voorbereiding vir die rekord- en eindeksamens te gebruik.

INLIGTING

Datums: Vanaf 2 tot 5 Julie 2019
Tyd: 08:00-14:00
Kostes: Gratis
RSVP: Teen Woensdag, 26 Junie 2019
Om in te pak: Jou penneblikkie met die nodige skryfbehoeftes, verversings vir die pouses en gretigheid om by vakkundiges te leer.

Vir enige navrae, stuur ‘n e-pos na navrae@akademia.ac.za

Verwarm jou vakkennis hierdie winter

Winterskool vind by die volgende Akademia-studiesentrums plaas: Somerset-Wes en Die Moot

MEER OOR ONS STUDIESENTRUMS

BESPREEK JOU PLEK

  • Voogbesonderhede

  • Leerderbesonderhede

Die winterskool word in samewerking met die volgende instellings aangebied:

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA NUUS EN GEBEURE

REGISTREER