Maak ’n afspraak vir ’n konsultasie met jou studentewerwer

Akademia se studentewerwers wil jou graag help om ingeligte besluite te neem, en is beskikbaar vir konsultasies by die volgende studiesentrums.

Bloemfontein | Bellville | Centurion | George | Windhoek

Virtuele konsultasies kan ook per afspraak geskied.

Bespreek jou plek

HOE WERK DIT?

  • Voltooi die besprekingsvorm en kies ʼn tydgleuf.
  • Kies om by ʼn sentrum (bevestig die adres hier) of virtueel te ontmoet.
  • Afsprake word vir ʼn uur bespreek.
  • Die studentewerwer sal die afspraak met jou bevestig.

WAT IS BELANGRIK OM VIR DIE AFSPRAAK TE ONTHOU?

  • Studentewerwers sal slegs op afspraak by sentrums beskikbaar wees.
  • Onthou om jou huiswerk te doen en jou spesifieke studie- en loopbaanvrae na die konsultasie saam te bring. Dit verseker dat die studentewerwer jou optimaal kan help.
  • Covid-19-regulasies moet streng nagekom word. Onthou om ten alle tye jou masker te dra. Konsultasies word tot drie persone per sentrumafspraak beperk. Die voornemende student mag slegs een ekstra persoon saambring.
  • Alle afsprake sal deur die betrokke studentewerwer bevestig word. Stuur asseblief ʼn e-pos na navrae@akademia.ac.za indien jy 12 ure voor die afspraak nog geen bevestiging ontvang het nie.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER