Virtuele ontmoeting: Verdere studies

29 September 2020 | 19:00-20:30

Het jy reeds ʼn kwalifikasie voltooi, maar wil jouself verder bekwaam? Woon die virtuele ontmoeting by wat eksklusief aangebied word vir kwalifikasiehouers wat verdere studies oorweeg.

Gee jou loopbaanreis ’n hupstoot met verdere studies

Bespreek jou aanlyn sitplek

TYDENS DIE SESSIE WORD MEER INLIGTING OOR DIE VOLGENDE KWALIFIKASIES VERSKAF

  • Gevorderde Diploma in Projekbestuur
  • LLB
  • Nagraadse Diploma in Belasting
  • Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde,
  • Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en VOO-onderwys)

DIE PROGRAM VIR DIE VIRTUELE ONTMOETING

  • ʼn Oorsig van Akademia.
  • Hoe werk die nagraadse rooster en klasbywoning/kontaksessies?
  • Hoe werk die aansoekproses?
  • ʼn Kort inligtingsessie oor Akademia se programaanbod vir persone wat verder wil studeer.
  • ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord.

HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE VIRTUELE ONTMOETING?

  • Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die virtuele ontmoeting te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op ‘Bespreek’.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang. Die skakel na die aanbieding word nader aan die tyd elektronies aan die gastelys versend. Hou gerus jou e-pos dop.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER