Aanlyn vakkeuse-aand vir graad 9’s

29 Julie 2020 | 18:00-19:00

Wonder jy waar om te begin om die regte vakke te kies? Voel jy oorweldig deur al die moontlikhede?

Akademia bied ʼn aanlyn vakkeuse-aand vir graad 9’s aan.

Hierdie sessie word in samewerking met die Skoleondersteuningsentrum aangebied.

Jy en jou gesin kan hierdie sessie in die gerief, veiligheid en gemak van jou eie huis bywoon.

Leerders sal die geleentheid kry om vrae via ʼn kommentaar-funksie te vra.

Weens oorweldigende aanvraag is daar ongelukkig nie meer virtuele sitplekke vir die regstreekse aanlyn vakkeuse-aand beskikbaar nie. Klik hier om die vorm te voltooi as jy die opname na afloop van die aanbieding wil ontvang.

Wie is die sprekers?

Hugo Vermeulen

Skoleondersteuningssentrum
Hoof: Opleiding

Prof. Gawie du Toit

Akademia
Dekaan: Opvoedkunde

Pieter Jordaan

Futuresmart Beroepsvoorligtingsentrum
Eienaar en adviseur

Rika Nieuwoudt

Akademia
Fasiliteerder

Hoe werk die registrasieproses vir die aanlyn vakkeuse-aand?

  • Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die aanlyn vakkeuse-aand te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op ‘Bespreek’.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang. Die skakel na die aanbieding word nader aan die tyd elektronies aan die gastelys versend. Hou gerus jou e-posse dop.

Die regte vakkeuses het verrykende gevolge!

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER