Studenteverblyf

Akademia het veilige, private verblyf vir 24 studente op die Centurion-kampus in Die Hoewes beskikbaar. Hierdie ruim selfsorgwooneenhede is 50 meter vanaf die hoofingang van die kampus geleë en word omring met pragtige grasperke vir ontspanning.

Doen hier aansoek vir studenteverblyf

Meer inligting oor private studenteverblyf

  • Nege ruim tweeslaapkamerswoonstelle met ingeboude kaste beskikbaar.
  • Twee ruim drieslaapkamerswoonstelle met ingeboude kaste beskikbaar.
  • Elke wooneenheid het ʼn kombuis wat deur die huurders gedeel word.
  • Woonstelle is ingerig met ʼn bad, stort en toilet.
  • Vyf wooneenhede is op die eerste vloer beskikbaar, met ses op die grondvloer.
  • Daar is 24 uur-toegangsbeheer by die hoofhek, elke woonstel het ʼn veiligheidshek, en sekuriteitspersoneel is op die perseel aan diens.
  • Daar is skadunetparkering voor die woonstelblok beskikbaar.
  • Verblyf is vanaf 22 Januarie 2021 beskikbaar.

Foto’s

Gereelde vrae

  • Bed
  • Lessenaar
  • Breek- en eetware
  • Sitkamerstel / stoele
  • Wasmasjien
  • Gordyne
  • Linne
  • Yskas
  • Geen WiFi beskikbaar nie (die kampus voorsien WiFi vanaf kafeteria tot in klaskamers)
  • Tuinmeubels word vir grondvloereenhede toegelaat
  • Eie etes (studente kan vir hulle eie rekening vooraf etes by die kafeteria bestel)
  • Huurders is verantwoordelik om self krag vir vooruitbetaalde kragmeters aan te koop

*Studente wat eenhede deel kan afspreek wie watter items bydra.

Kamers in woonstelle is teen ʼn maandelikse bedrag van R3 700 per huurder per kamer beskikbaar (water en sanitasie ingesluit).

Huurders doen aansoek vir kamer op vloer van hulle keuse.

Aansoeke word chronologies hanteer. Dit wil sê dat huurders wat eerste aansoek vir verblyf doen, en eerste toelating tot studies by Akademia kry, voorkeur geniet.

Woonstelle word opgedeel in dames- en manswoonstelle.

De Goede Hoop, ’n moderne, private Afrikaanse studentekoshuis in Pretoria bied ook verblyf aan studente. Besoek gerus De Goede Hoop se webblad.

Kontakbesonderhede oor studenteverblyf

Kontak Tinus Dodds by 082 820 1394 of stuur ʼn e-pos na studenteverblyf@akademia.ac.za.

Maak gerus ʼn afspraak om die eenhede en omliggende fasiliteite te besigtig.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER