Sentrumopedag | 7 Maart 2020

Wil jy in 2021 studeer en wonder hoe Akademia se model werk? Kom vind uit by die sentrumopedag.

Akademia hou ʼn sentrumopedag om aan voornemende studente te demonstreer hoe ʼn interaktiewe kontaksessie deur middel van gevorderde tegnologie aangebied word. ʼn Dosent sal vanuit die ateljee in Centurion regstreeks na die studiesentrums in Bloemfontein en Die Moot in Pretoria uitsaai.

Voornemende studente sal die geleentheid kry om dosente en studente te ontmoet en eerstehands hulle vrae te vra.

Die sentrumopedag word 7 Maart vanaf 09:00 tot 12:00 gehou.

Daar is twee formele kontaksessies. Registreer asb. vir een van die volgende tydgleuwe. Daar is slegs 100 sitplekke per sessie beskikbaar.

                          • Sessie 1 – 9:30-10:30
                          • Sessie 2 – 11:00-12:00

Laat genoeg tyd oor om die programstalletjies voor of na jou sessie te besoek.

Jou loopbaanreis begin hier!

BESPREEK JOU PLEK DEUR DIE VORM TE VOLTOOI

WAT KAN EK STUDEER?

Akademia bied ‘n verskeidenheid van studierigtings aan om jou
toekomstige loopbaan te verseker.

ONTDEK JOU MOONTLIKHEDE

WAAR IS ONS STUDIESENTRUMS GELEË?

Ons studiesentrums regoor Suid-Afrika, en in Namibië, plaas gehalte
hoëronderwys binne bereik van voornemende student.

VIND JOU NAASTE SENTRUM

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA NUUS EN GEBEURE

REGISTREER