#NetMatrieksBootreis 2018-04-16T13:52:43+00:00

#netMATRIEKSbootreis2018

Sodra jy jou pen neersit nadat jy jou laaste matriekeindeksamen afgelê het, maak jy reg vir jou matriekvakansie. Akademia, in samewerking met Finesse, nooi matrieks uit om aan die #netMATRIEKSbootreis2018-kompetisie deel te neem om ʼn kans te staan om jou droom matriekwegbreek vir jou en ’n vriend op die luukse MSC Musica te wen. Dié bootreis vir matrieks vaar van 3 tot 7 Desember 2018 na die Portugese Eiland en Mosambiekse kus.

Bekendes soos Jo Black (sanger), Caroline-Grace Brüssow (sangeres) en Bennie Fourie (akteur en komediant) gaan saam met die matrieks kuier en sorg vir ongelooflike vermaak. Met danse op die dek, temapartytjies, karaoke, spa-bederfies, swembadpret en baie sports, gaan hierdie ʼn reis wees om oor huis toe te skryf.

Die #netMATRIEKSbootreis2018-kompetisie strek vanaf 1 Februarie tot 30 Junie 2018.

LEER MEER OOR DIE BOOTREIS

SKRYF SÓ VIR DIE KOMPETISIE IN

  1. Aanvaar die bepalings en voorwaardes.
  2. Voltooi die aanlyn inskrywingsvorm hieronder.
  3. Maak ʼn video van een minuut oor hoekom dit vir jou belangrik is om in Afrikaans te studeer.
  4. Laai jou video op sosiale media teen 30 Junie 2018 van die volgende hutsmerke gebruik te maak: #netMATRIEKSbootreis2018 #AkademiaBootKompetisie2018

Kyk hier om te sien wat jy van die bootreis kan verwag

KYK VIDEO

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  2. Slegs graad 12-leerders mag aan die kompetisie deelneem.
  3. Die kompetisie word vanaf 1 Februarie 2018 tot 30 Junie 2018 gehou.
  4. Geen inskrywings sal na 30 Junie om 17:00 oorweeg word nie.
  5. Om vir die kompetisie in te skryf, moet deelnemers hul besonderhede op Akademia se webblad weergee en ’n video op sosiale media platforms laai wat duidelik met #netMATRIEKSbootreis2018 #AkademiaBootKompetisie2018 gemerk is.
  6. Die inskrywing moet in videoformaat wees en die deelnemer se besonderhede moet op die Akademia-webblad weergegee word.
  7. Drie finaliste sal deur ’n onafhanklike beoordelaarspaneel gekies word, waarna elke finalis tydens ’n geleentheid kans sal kry om meer oor hul video te vertel.
  8. Die finale wenner word uit die drie finaliste (soos in 7 vermeld) gekies en sal ’n kajuit vir twee mense op die #netMatrieks-bootreis wen. Die mede-reisiger moet in graad 12 wees en aan die bepalings en voorwaardes, soos deur #netMatrieks, MSC en Finesse bepaal word, voldoen.
  9. Die naaswenners in die tweede en derde plekke ontvang ’n prys, soos deur Akademia bepaal.
  10.  Die prys soos in 8 hierbo vermeld, word nie in kontant aan die wenner oorbetaal nie, maar sal namens die wenner deur Akademia aangewend word en aan ’n derde party uitbetaal word. Die wenner is self vir addisionele uitgawes (vermaak, reiskoste, sakgeld ens.) op die boot verantwoordelik.
  11.  Dit is die deelnemer se verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat verskaf word ten opsigte van die kompetisie akkuraat, volledig en op datum is.
  12.  Enige koste of uitgawes wat die deelnemer aangaan ten opsigte van die vervaardiging van die video, is vir die deelnemer se eie rekening.
  13.  Deelname aan die kompetisie en aanvaarding en/of gebruik van ’n prys, of enige aspek daarvan, is vrywillig en op die deelnemer se eie risiko. Die organiseerders aanvaar geen verantwoordelikheid in hierdie verband nie.
  14. ’n Deelnemer wat in aanmerking vir ’n prys kom, stem in dat Akademia of hul gemagtigde agente sy/haar naam mag gebruik, sy/haar stem mag opneem, foto’s, video’s en kontakbesonderhede vir die doel van bemarking en reklameveldtogte mag gebruik en die vervaardigde video op sosiale media mag versprei.
  15. Die finale wenner sal op 31 Augustus 2018 op sosiale media aangekondig word en die wenner sal per e-pos of telefonies in kennis gestel word.

HOE DIE KOMPETISIE WERK

Drie finaliste sal gekies word waarna elke finalis tydens ʼn geleentheid kans sal kry om meer oor hul video te vertel. Die finale wenner word uit die drie finaliste gekies en sal ʼn kajuit vir twee mense op die #netMatrieks-bootreis wen. Die wenner kies self iemand waarmee die kajuit gedeel word. Die persoon moet ook in graad 12 wees en aan die bepalings en voorwaardes, soos deur #netMatrieks, MSC en Finesse bepaal word, voldoen. Geen inskrywings sal na 30 Junie 2018 om 17:00 oorweeg word nie.
Vir enige navrae oor die bootreis, stuur ʼn e-pos na netmatrieks@akademia.ac.za.

Matrieks, jul skip het aangeland, moet dit nie verpas nie!

INSKRYWINGSVORM

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER