Virtuele kampusopedag

29 Augustus 2020 | 09:00-11:00

Kom saam op ’n virtuele reis na jou toekoms

Droom jy van jou eerste klas op die Centurion-kampus? Kom vind uit wat jy te wagte kan wees van studies op Akademia se splinternuwe voltydse kampus. Studente sal voltyds ʼn gehalte-kwalifikasie in hulle moedertaal kan voltooi, terwyl hulle aan ʼn aktiewe en gesonde studente­lewe kan deelneem.

Die program vir die virtuele opedag

  • ʼn Oorsig van Akademia: Die onderrigleermodel, Akademia-netwerk, studentelewe, studenteverblyf en toekomsmusiek.
  • Wegbreekkamers oor verskillende kwalifikasies: Hier ontmoet jy jou akademiese program­koördineerder.
  • Hoe werk die aansoekproses?
  • ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige oorblywende navrae te beantwoord.
Bespreek jou virtuele sitplek

WEN jou eerstejaarhandboeke

Handboeke vir naskoolse studies brand dikwels ʼn gat in die beursie. Daarom bied Akademia jou die geleentheid om ʼn kans te staan om ʼn geskenkbewys ter waarde van R5 000 vir aankope van jou eerstejaarhandboeke te wen.

Hier is wat jy moet doen:

  • Bespreek jou virtuele sitplek vir die kampusopedag op 29 Augustus 2020.
  • Deel hierdie advertensie op jou sosialemediabladsye deur die hutsmerke #Akademia en #KampusOpedag2020 te gebruik en “tag” vyf vriende in jou plasing.
  • Woon Akademia se virtuele kampusopedag op 29 Augustus 2020 by.
  • Doen teen 30 September 2020 aansoek vir studies by Akademia in 2021.
  • Siedaar, jy staan ʼn kans om te wen!

Die wenner word op 15 Oktober 2020 aangekondig.

Hoe werk die registrasieproses vir die virtuele kampusopedag?

  • Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die virtuele kampusopedag te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op ‘Bespreek’.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang. Die skakel na die aanbieding word nader aan die tyd elektronies aan die gastelys versend. Hou gerus jou e-posse dop.

Meer oor die Centurion-kampus

Akademia maak gereed om ongeveer 250 eerstejaarstudente vir 2021 op hierdie kampus te akkommodeer, en kampusverblyf vir 35 studente sal beskikbaar wees. Die Centurion-kampus word ingerig met ʼn kafeteria, kliëntedienssentrum, ʼn biblioteek, asook verskeie studente-ondersteuningsinisiatiewe – alles wat ʼn student nodig het om die studie-ervaring so gemaklik en gerieflik as moontlik te maak. Die kampus is in Die Hoewes naby ʼn gerieflike inkopiesentrum geleë, en is loopafstand van die Gautrein-stasie.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

Akademia – jou Afrikaanse studietuiste!

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER