Inligtingsessie, 30 Mei 2020

Wil jy in 2021 studeer terwyl jy werk?

Akademia hou op 30 Mei ʼn aanlyn inligtingsessie vanaf 10:00-11:00.

Jy, en jou hele gesin, kan hierdie sessie in die gerief, veiligheid en gemak van jou eie huis bywoon.

Voornemende studente sal die geleentheid ontvang om vrae via ʼn kommentaar-funksie te vra.

Bespreek jou plek so gou as moontlik – daar is slegs 500 sitplekke beskikbaar vir hierdie inligtingsessie.

Registreer hier

HOE WERK DIE REGISTRASIE VIR DIE AANLYN INLIGTINGSESSIE?

  • Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die aanlyn inligtingsessie te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul. Klik dan op ‘Register’.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn bevestigingsbladsy sien. Jy sal daarna ook ʼn e-pos vanaf S-Leer ontvang as bevestiging dat jy jou plek bespreek het. Hierdie e-pos bevat belangrike inligting oor hoe jy op 30 Mei om 10:00 toegang tot die sessie gaan verkry.

EK HET REEDS GEREGISTREER. HOE MOET EK MAAK OM DIE AANLYN INLIGTINGSESSIE BY TE WOON? 

  • Jy het ʼn bevestigingse-pos ontvang met aansluitingsinligting toe jy jou plek bespreek het.
  • As die aanlyn inligtingsessie op die punt is om te begin, kan jy die inligting gebruik om toegang tot die sessie te verkry. Klik op ‘Join Webinar’ om solank in die wagkamer te wag.

EK HET REEDS GEREGISTREER EN WIL GRAAG MY PLEK KANSELLEER. 

  • Jy het ʼn bevestigingse-pos ontvang met aansluitings- en kansellasie-inligting toe jy jou plek bespreek het.
  • Klik op die ‘cancel my registration’-opsie om jou plek te kanselleer.

Jou loopbaanreis begin hier!

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER