Inligtingsessie oor nauurse studies

3 Oktober 2020 | 10:00-11:00

Jou eerste klas as blik op jou toekoms

Akademia se nauurse onderrigmodel is ideaal vir studente wat werk, of ander belangstellings nastreef. Kom vind meer uit oor jou studiemoontlikhede vir 2021.

Die inligtingsessie word by die volgende studiesentrums gehou:
Bloemfontein | Centurion | George | Somerset-Wes | Vanderbijlpark | Windhoek

Bespreek jou plek

DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE

  • ʼn Oorsig van Akademia
  • Hoe die nauurse rooster en kontaksessies werk
  • Hoe die aansoekproses werk
  • ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord

HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?

  • Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op ‘Bespreek’.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang. Die skakel na die aanbieding word nader aan die tyd elektronies aan die gastelys versend. Hou gerus jou e-posse dop.
  • Volgens die regulasies mag Akademia net 50 mense op ʼn slag in ʼn studiesentrum akkommodeer. Indien daar meer as 50 mense per sentrum registreer, sal ons jou in kennis stel oor hoe die groepe verdeel sal word. Ons vra dat elke belangstellende slegs een besoeker/ouer saambring.

MEER OOR AKADEMIA SE NAUURSE ONDERRIGMODEL

Akademia se nauurse onderrigmodel is so ingerig dat studente by studiesentrums van hulle keuse aansluit, waar hulle via gevorderde tegnologie in ʼn virtuele leerruimte met medestudente en dosente verbind word. Studente kan aan klasgesprekke deelneem deur eenvoudig ʼn hand op te steek en ʼn vraag te vra. Sagteware bring so ʼn student outomaties na die voorgrond van die videovoer in ander sessies, byna asof die vraag in dieselfde lokaal gevra is. Op ʼn soortgelyke wyse kan die dosent vrae aan enige student in enige van die studiesentrums rig, en word die bespreking regstreeks oor studiesentrums heen gedeel en ervaar. Lees meer hier.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER