BSc (Wiskundige Wetenskappe)

Die doel van die BSc (Wiskundige Wetenskappe)-graad is om studente toe te rus met ʼn soliede grondslag in die wiskundige, toegepaste wiskundige en wiskundige statistiek. In die derde studiejaar het die student die keuse om te spesialiseer in twee van die laasgenoemde wetenskappe. Daarbenewens word ook ʼn goeie basis vir die rekenaarwetenskappe in die eerste studiejaar gelê. Studente verwerf die vaardighede om praktiese probleme in wiskundige terme te interpreteer. Die kwalifikasie bied aan studente ʼn sterk basis om voor te berei vir ʼn loopbaan in onder andere die onderwys, wiskundige wetenskappe, analitiese sosiale- en natuurwetenskappe, sowel as in die  finansiële bedryf .

PROGRAMINLIGTING EN KOSTES

BSc (Wiskundige Wetenskappe)

Die doel van die BSc (Wiskundige Wetenskappe)-graad is om studente toe te rus met ʼn soliede grondslag in die wiskundige, toegepaste wiskundige en statistiese wetenskappe. In die derde studiejaar het die student die keuse om te spesialiseer in twee van die laasgenoemde wetenskappe. Daarbenewens word ook ʼn goeie basis vir die rekenaarwetenskappe in die eerste studiejaar. Studente verwerf ook die vaardighede om praktiese probleme in wiskundige terme te interpreteer. Die kwalifikasie bied aan studente ʼn sterk basis om voor te berei vir ʼn loopbaan in onder andere die onderwys, wiskundige wetenskappe, analitiese sosiale- en natuurwetenskappe, sowel as in die  finansiële bedryf .

PROGRAMINLIGTING EN KOSTES

WAT KAN EK MET DIE BSC (WISKUNDIGE WETENSKAPPE) DOEN?

Graduandi van hierdie program sal in staat wees om:

  • data krities, opeenvolgend en logies te analiseer en kwantitatiewe probleme op te los;
  • die teorieë, beginsels, en tegnieke van die wiskundige wetenskappe vaardig te gebruik;
  • toepaslike gevolgtrekkings te maak deur die stelselmatige identifisering van die relevante teorieë en konsepte, verwante metodologieë en bewyse; en
  • wiskundige en statistiese resultate duidelik te kommunikeer.

WAT BEHELS DIE KWALIFIKASIE?

NKR-vlak 7

360 krediete

SAKO-nommer: 112505

ONDERRIGLEERMODEL: Voltydse kontakmodel

KWALIFISEER EK OM BSC (WISKUNDIGE WETENSKAPPE) TE STUDEER?

KLIK HIER

KWALIFISEER EK OM BSC (WISKUNDIGE WETENSKAPPE) TE STUDEER?

KLIK HIER

MODULES

Die doel van hierdie module is om studente toe te rus met die fundamentele kennis van differensiaal- en integraal-analise, en die vermoë om wiskundige en praktiese probleme te ontleed, modelleer en op te los. Verder poog die module om studente betrokke te kry by outentieke wiskundige situasies wat verband hou met die teoretiese inhoud om sodoende studente se belangstelling in wiskunde te bevorder.

Die doel van hierdie module is om aan studente ʼn goeie grondslag te gee rakende ʼn wye spektrum van wiskundige idees, tegnieke en gereedskap om studente sodoende toe te rus vir die tweede en derde jare van die program, veral wat algebra betref. Die module-inhoud fokus op spesifieke gebiede van wiskunde wat onder meer logika, komplekse getalle, matrikse, liniêre vergelykings en vektor uitbeeldings insluit.

Die doel van hierdie module is om ʼn oorsig van die basiese konsepte en beginsels van statistiek, onder andere beskrywende statistiek en die toepassing van statistiek as datawetenskap, aan die student oor te dra. Die module fokus dus op die beginsels van statistiek wat breedvoerig dataversamelingstegnieke, data-organisering, data-gehalteversekering en algemene analises aanspreek.

Die doel van hierdie module om die student bekend te stel aan die elemente van statika, as ʼn vertakking van meganika, waar gekyk word na liggame wat in rus verkeer of kragte wat in ewewig verkeer. Die inhoud fokus onder meer op vektor­operasies, kragte, wrywing, massamiddelpunte en swaartepunte.

Die doel van hierdie module is om die fundamentele beginsels van fisika aan die student bekend te stel ten einde ʼn goeie grondslag in fisika te vorm. Onderwerpe soos klassieke meganika, elektrisiteit, magnetisme, optika en golwe, asook ʼn inleiding tot moderne fisika, sal aangespreek word.

Die doel van hierdie module is om studente bloot te stel aan rekenaars as ʼn stelsel. Die module word ingelei deur die aanbied van ʼn oorsig oor die geskiedenis van rekenaarswetenskap. Onderskeid word getref tussen die konsepte van hardeware en sagteware. Wat hardeware betref word die argitektuur van die rekenaar behandel, asook die interne uitbeelding van getalle en karakters. Ten opsigte van sagteware word die student bekend gestel aan stelsel- en toepassingsagteware. Studente word ook blootgestel aan etiese uitdagings wat uit die rekenaarwetenskappe ontstaan het.

Hierdie module bied ʼn inleiding tot die prosesse wat gevolg moet word in programontwerp en analise deur gebruik te maak van C++. Geen vorige kennis van rekenaarwetenskap word vereis nie. Elementêre programmeringskonsepte soos invoer/uitvoer, basiese datatipes, uitdrukkings, kontrolestrukture, reekse, funksies en parameteroordrag word behandel. Studente word ook bekend gestel aan programmeringvloeidiagramme wat betekenis gee aan meer gevorderde programmering. Klem word later gelê op die ontwikkeling van duidelike, kragtige en voortydig-effektiewe kodering.

Hierdie module bied ʼn inleiding tot die voorwerpgeoriënteerde programmeringsparadigma, waar C++ as programmeringstaal gebruik word. Onderwerpe wat aangespreek word sluit in: lêer-invoer/uitvoerstrome as ʼn inleiding tot voorwerpe en klasse, die Standaardtemplaatbiblioteek, voorwerpe en klasse, die gebruik van reekse en vektore, abstrakte datatipes, rekursie, asook funksie- en klastemplate.

Die doel van hierdie module is om die student se kennis wat gedurende die eerste jaar in Analise (NWIKA151) opgedoen is te verdiep ten opsigte van vektor­funksies en veelvoudige veranderlikes. Daar sal van studente verwag word om die teorie van meer gevorderde analise – wat vektoranalise, veelvoudige veranderlike funksies, lynintegrale en oppervlakintegrale insluit – te verstaan en op te los. Die toepassing van laasgenoemde in die praktyk word ook as belangrik geag.

Die doel van hierdie module is om studente goed toe te rus met die fundamentele kennis rakende die algebra van liniêre vergelykings en transformasies, matrikse en determinante, asook vektorruimtes. Daarbenewens word daar ook klem gelê op die student se vermoë om laasgenoemde in die praktyk te ontleed, modelleer en op te los.

Die doel van hierdie module is om die student bloot te stel aan praktiese probleemoplossing deur gebruik te maak van wiskundige hulpmiddels. Dit behels die ontleding van ʼn gegewe probleem, asook die formulering van die probleem in terme van ʼn wiskundige model waar gebruik gemaak word van funksies, differensiaalvergelykings en integraal-operasies. Die student sal ook kennis maak met verskillende metodes wat geruik kan word om modeloplossings te genereer en hoe om hierdie uitvoere te interpreteer.

Die doel van die kursus is om elemente van meganika aan die student bekend te stel, waarna ʼn breedvoerige inleiding tot die dinamika van vaste liggame aangebied word. Daar sal gefokus word op die wette van Newton, werk wat verrig word, momentum, harmoniese bewegings, rotasie om asse, asook ander verskynsels wat vir dinamiese stelsels geld. Die verskillende vorms van energie wat met dinamiese stelsels verband hou word ook verduidelik. Die student word blootgestel aan oplosmetodes deur gebruik te maak van rekenaarprogramme.

Die doel van hierdie module is om studente toe te rus met fundamentele kennis rakende waarskynlikheidsverspreidings, funksies van willekeurige veranderlikes, steekproefverspreidings, beramings en hipotese-toetsing. Aspekte soos steekproefteorieë, die beraming van parameters, die eindige teorie, asook t-, χ2- en F-verspreidings word aangespreek.

Die doel van hierdie module is om studente bloot te stel aan notasies in die Bayes-statistiek, waar aangetoon word hoe die Bayes-stelling ʼn natuurlike manier verteenwoordig om voortydige inligting te kombineer met eksperimentele data om sodoende ʼn na-tydige waarskynlikheidsverspreiding oor parameters te vorm. ʼn Tweede doel is om die verskil tussen die klassieke statistiek (steekproefteorie) en Bayes-statistiek uit te lig, en ook te verseker dat die student die kursusinhoud in die praktyk kan toepas.

Reële Analise

Die doel van hierdie module is die student se kennis van Analise as vakgebied, van ʼn fundamentele en teoreties uitkyk te verdiep en uit te brei, beginnende by die aksiomas vir die veld van reële getalle. Studente word in staat gestel om die Analise-teorie in terme van fundamenteel streng wiskunde, wat topologiese aspekte insluit, te beskryf en te bewys. Resultate sal toegepas kan word in die oplos van verskeie analitiese probleme in die gebied van reële getalle.

Diskrete Wiskunde

Die doel van hierdie module is om die student in te lei tot verskeie gebiede van diskrete wiskunde, met ʼn fokus op probleemoplossing. Daardeur word belangrike kennis en vaardighede van die toegepaste wetenskap gevestig en oorgedra, wat ook die belangrikheid van diskrete wiskunde as ʼn integrale deel van die toegepaste wetenskap uitlig.

Abstrakte Algebra

Die doel van hierdie module is om studente toe te lig met fundamentele kennis rakende die algebra van abstrakte strukture, soos groepe, ringe en velde, asook met die vaardigheid om gepaardgaande wiskundige en geometriese probleme te ontleed, modelleer en op te los. Studente word verder betrek by outentieke wiskundige situasies wat verband hou met abstrakte algebra om sodoende die belangstelling te verdiep met die oog op die ontwikkeling van selfondersoek.

Komplekse Analise

Die doel van hierdie module is om die student toe te rus met teoretiese kennis om komplekse funksies te beskryf en te bewys, asook om in staat te wees om die teorie van komplekse funksies te gebruik. Dit sluit limiete, kontinuïteit en differensieerbaarheid, die Cauchy-Riemann-stellings en -vergelykings, asook ander stellings en analitiese funksies in.

Inferensie

Die doel van hierdie module is om die kennis wat deur studente in die eerste en tweede jare opgedoen is bymekaar te bring en uit te brei. Die teorie ten opsigte van hipotese toetsing en intervalberaming in ʼn wye verskeidenheid van navorsingsprobleme word in besonderhede blootgelê, wat studente in staat stel om verskillende vorige inleidende benaderings te kombineer in afleidings van verskillende onderwerpe onder ʼn enkele eenvormige tema.

Veelvoudige Regressie

Die doel van hierdie module is om studente in te lei en bloot te stel aan die mees algemene en fundamentele metodes wat gebruik word vir die ontleding van liniêre verbande in data van ontwerpte eksperimente en ondersoekende studies. Dit stel die student in staat om toegerus te wees om soortgelyke uitdagings in die toekoms die hoof te bied.

Algemene Liniêre Modelle

Die doel van hierdie module is om uit te brei op die veelvoudige regressie module-inhoud wat voorheen aangebied is, en om studente sodoende in te lei tot die toepassing van verskillende vorms van liniêre regressie deur die gebruik van alternatiewe foutverspreiding, gekoppelde funksie of variansiefunksie ‑benaderings op deursnitdata. Praktiese ontledings sal verseker dat studente bedryfsrelevante ondervinding opdoen.

Tydreeksontleding

Hierdie module is ontwerp om studente toe te rus met al die nodige vaardighede om tydreekse te beraam, te evalueer en te voorspel. Dit word gedoen teen die agtergrond dat sulke tydreekse ʼn verskeidenheid kompleksiteite mag uitbeeld, insluitende siklusse; neigings; nie-vaste, outoregressiewe en bewegende gemiddelde eienskappe; asook spektrale komponente en verdere patrone van komplikasie in die residu.

Numeriese Analise

Hierdie module het ten doel om die student in staat te stel om die teorie rondom numeriese tegnieke soos die iteratiewe oplos van nie-liniêre vergelykings, interpolasie, numeriese differensiasie en integrasie, en die numeriese oplos van normale differensieaalvergelykings te implementeer, en om akkuraatheid- en betroubaarheidstoetse uit te voer. Daar sal gepoog word om meeste van laasgenoemde met behulp van rekenaars op te los.

Parsiële Differensiaalvergelykings

Die doel van hierdie module is om aan studente ʼn inleidende oorsig te verskaf rakende die teorie van parsiële differensiaalvergelykings, asook om die student bekend te stel aan verskillende relevante oplosmetodes, soos byvoorbeeld die gebruik van Fourier en Taylor -reeksanalises, oplos deur die skeiding van veranderlikes, die gebruik van Lagrange-metodes, asook die gebruik van eindige verskil- en eindige elementmetodes.

Dinamika 3

Die doel van hierdie module is om die student bloot te stel aan gevorderde konsepte van dinamika, en veral aan die metodes vir analitiese dinamika wat beskikbaar is. Die hoofdoel sal wees om die student in staat te stel om wiskundige modelle te ontwikkel wat die dinamika van stelsels van vaste liggame beskryf.

Optimering

Die doel van hierdie module is om studente in staat te stel om probleme vanuit die velde van besigheid en industrie te ondersoek en op te los. Oplosmetodes sluit die gebruik van liniêre programmering, neurale netwerke en genetiese algoritmes in. Daar sal klem gelê word op die gebruik van rekenaars om oplossings te vind.

ANDER INLIGTING

Die program kan in ’n minimum tydsduur van drie jaar voltooi word. Die maksimum toelaatbare tyd vir voltooiing is sewe jaar.

Om in aanmerking te kom vir toelating tot die BSc (Wiskundige Wetenskappe) kwalifikasie, word een van die volgende benodig:

  • Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) uitgereik deur Umalusi vir graaddoeleindes met ʼn slaagsyfer van minstens 50% vir Afrikaans Huistaal/Afrikaans Eerste Taal en 60% of meer vir die vak Wiskunde.
  • Sertifikaat van vrystelling uitgereik deur USAf (Universities South Africa) indien ʼn ander skoolverlater kwalifikasie as NSS behaal is
  • Hoër Sertifikaat in ʼn ooreenstemmende studieveld

Programkoste vir 2021

Jaar een: Vanaf R49 200

Die handboeklys vir 2021 is nog nie beskikbaar nie.

Die rooster vir 2021 is nog nie beskikbaar nie.

DOEN NOU AANSOEK OM BSC (WISKUNDIGE WETENSKAPPE) TE STUDEER

DOEN AANSOEK

DOEN NOU AANSOEK OM BSC (WISKUNDIGE WETENSKAPPE) TE STUDEER

DOEN AANSOEK