Akademia hou opedag landwyd

Akademia het in Julie en Augustus opedae by die meeste van sy studiesentrums gehou, sodat voornemende studente landwyd meer inligting oor ons kursusse kon bekom en daar aansoek kon doen vir studies in 2018.

Op 29 Julie het voornemende studente van die Pretoria-omgewing die opedae by die Centurion- en Moot-sentrums bywoon. Bloemfontein het op 5 Augustus aan die beurt gekom, terwyl die Kaapse studiesentrums in Paarl, Somerset-Wes en George op 10, 11 en 12 Augustus onderskeidelik opedag gehou het. Voornemende studente van Boksburg het ons studiesentrum op 16 Augustus besoek, en dié in Vanderbijlpark en Krugersdorp op 17 en 18 Augustus onderskeidelik.

By die opedae het studente meer inligting oor Akademia se verskillende programme en rentevrye studielenings kry, asook hulp met aanlyn aansoeke.

Akademia is ʼn gemeenskapsinstelling wat gehalte onderrig in Afrikaans bied. Stuur jou loopbaan in die regte rigting deur vir een van ons grade, gevorderde diplomas of hoër sertifikate in te skryf:

Vir navrae, kontak Akademia by 0861 222 888, e-pos na navrae@akademia.a.c.za of SMS ons by 34933 (R2 per SMS).

Vorige
Volgende

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA NUUS EN GEBEURE

REGISTREER VANDAG

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA NUUS EN GEBEURE

REGISTREER VANDAG