Eerstejaarstudente begin hul akademiese reis by Akademia

Die akademiese jaar skop komende Saterdag 11 Februarie vir Akademia se nuwe eerstejaarstudente af, wanneer oriëntering plaasvind en die studenteraad bekendgestel word.

Eerstejaars se kontaksessies begin op 13 Februarie. Tydens hierdie kontaksessies, wat deur middel van moderne videokonferensie-tegnologie plaasvind, word dosente en studente by studiesentrums landswyd in virtuele studieruimtes bymekaarbring. Akademia brei vanjaar sy voetspoor van studiesentrums uit, met sentrums in Bloemfontein, Boksburg, Centurion, George, Krugersdorp, Paarl, Pretoria, Somerset-Wes, Tygervallei en Vanderbijlpark.

Akademia bied tans grade in ondernemingsbestuur, bestuursrekeningkunde, ekonomie en regte, en finansiële beplanning aan, asook ‘n gevorderde diploma in projekbestuur en hoër sertifikate in rekeningkunde en kantooradministrasie.

Vorige
Volgende

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA NUUS EN GEBEURE

REGISTREER VANDAG

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA NUUS EN GEBEURE

REGISTREER VANDAG