Vrydag
30 Julie 2021

Wingate Park
Buiteklub, Pretoria

Registrasie
10:00-11:00

Afslaantyd: 11:30
(vanaf verskeie putjies)

Koste vir ’n vierbal:
R3200

Vrydag
30 Julie 2021

Wingate Park
Buiteklub, Pretoria

Registrasie
10:00-11:00

Afslaantyd: 11:30
(vanaf verskeie putjies)

Koste vir ’n vierbal:
R3200

Vierballe is uitverkoop.  As jy as borg by die dag betrokke wil raak, kontak gerus vir leah@akademia.ac.za

VIERBAL SLUIT IN

Verwelkomingsakkie per speler

Gebruik van gholfkarretjies (twee per span)

Eet by die halfweghuis

Bywoning van aandfunksie

VIERBALLE IS UITVERKOOP

MEER INLIGTING

Formaat:

Twee-man-beter-bal-kompetisie: Spelers speel in spanne van twee. Elke speler speel sy eie bal en aan die einde van die putjie word die beste telling tussen die twee spanlede opgeskryf. Voorgee is van toepassing.

Toekennings:

Naaste aan die vlag, langste dryfhou, en ʼn troosprys vir die speler wat die meeste houe vir die dag gespeel het. Daar is ook ʼn finale prys vir die vierbal met die mees kreatiewe naam.

Veiling:

Daar gaan ook ʼn veiling van verskeie items deur die loop van die aand plaasvind. Die veiling word gehou ten bate van die Akademia Skenkingsfonds.

Covid-19-regulasies geld:

Volgens die kapasiteitbeperking sal geen ekstra gaste vir die aandfunksie akkommodeer kan word nie.

Borgskappe:

Stel jy belang om ʼn borgskap te gee? Verskeie borgopsies is beskikbaar. Klik hier vir die borgskapopsies of stuur ʼn e-pos aan mari@akademia.ac.za

Vir navrae:

Stuur gerus ʼn e-pos aan leah@akademia.ac.za

WIE IS DIE AKADEMIA SKENKINGSFONDS?

Die Akademia Skenkingsfonds is ʼn skenkingsfonds wat spesifieke klem lê op die oprig van Afrikaanse opleidingsinstellings. Hierdie trust fokus daarop om ʼn volhoubare model te voorsien om skenkings te werf, uit te bou en aan te wend ten behoewe van opleidingsinstellings soos Akademia. Fondse ingesamel by die gholfdag sal gebruik word om befondsing beskikbaar te stel om studente se studentedrome te verwesenlik en te help bou aan ʼn Afrikaanse universiteit.