Beroepsvoorligtingkonferensie vir Graad 11’s en 12’s

Beroepsvoorligting-konferensie vir Graad 11’s en 12’s

Kom saam op ’n virtuele loopbaanreis na jou toekoms

Akademia weet dat die studierigtingkeuses wat jy vanaf Graad 9 maak, en in Graad 11 en 12 bevestig, ʼn groot besluit is en dat dit bepalende gevolge vir jou toekoms inhou. Na afloop van jou psigometriese toetse is jy dalk méér deurmekaar oor die keuses wat jy moet maak en onseker oor wat die voorgestelde kwalifikasies behels.

Daarom wil Akademia help met leiding en toeligting van wat sekere kwalifikasies behels, en jou ʼn kykie gee na hoe ʼn loopbaan kan lyk na afloop van studies by Akademia. Om blootstelling vanuit die praktyk te kry gee vir jou ʼn groot geleentheid om presies te sien wat die verskillende kwalifikasies behels.

Daarom bied Akademia vanjaar vir die eerste keer ʼn Beroepsvoorligtingkonferensie vir Graad 11’s en 12’s (en ander belangstellendes soos ma of pa) aan. In die volgende sessies gaan ons die verskillende kwalifikasies wat op Akademia se voltydse kampus aangebied word – en beroepsmoontlikhede wat daaruit spruit – van nader bekyk. Jy sal ook die geleentheid kry om vrae te vra.

As gevolg van Covid-19-uitdagings word die konferensie vanjaar aanlyn gehou. Vanaf 2021 sal daar vir jou die geleentheid gebied word om die konferensie op Akademia se kampus by te woon en so ook ʼn voorsmakie van studentwees te ervaar.

Het jy die onlangse beroepsvoorligtingkonferensie misgeloop? Geen probleem nie; kry jou opname deur die vorm te voltooi.

Voltooi die vorm hier

DIE BEROEPSVOORLIGTINGKONFERENSIE DEK HIERDIE KWALIFIKASIES

DIE BEROEPSVOORLIGTING-KONFERENSIE DEK HIERDIE KWALIFIKASIES

  • BA (Kommunikasie en Joernalistiek)
  • BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)
  • BCom (Ekonomie en Regte)
  • BCom (Ondernemingsbestuur)
  • BSc (Wiskundige Wetenskappe)
  • BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)

DIE PROGRAM VIR DIE BEROEPSVOORLIGTINGKONFERENSIE

DIE PROGRAM VIR DIE BEROEPSVOORLIGTING-KONFERENSIE

  • ʼn Oorsig van Akademia-kwalifikasies
  • Vrae en antwoorde
  • Praktykpersone gesels oor hul loopbaanreis
  • Vrae en antwoorde

MEER OOR DIE VERSKILLENDE KWALIFIKASIES:

BA (Kommunikasie en Joernalistiek)

Video

Inligtingspamflet

BCom (Ekonomie en Regte)

Video

Inligtingspamflet

BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)

Video

Inligtingspamflet

BCom (Ondernemingsbestuur)

Video

Inligtingspamflet

BSc (Wiskundige Wetenskappe)

Video

Inligtingspamflet

BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)

Video

Inligtingspamflet

Akademia – jou Afrikaanse studietuiste!

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER