“Akademia moet gesien word teen die agtergrond van ʼn gemeenskap wat self verantwoordelikheid wil neem vir hulle taal, kultuur en ontwikkeling. Hierdie wesenskenmerk van die Afrikaanse gemeenskap kan opgespoor word in die ontstaansmomente van vele Afrikaanse skole, sowel as Afrikaanse universiteite aan die begin van die twintigste eeu. Hierdie hunkering het nie bloot ten doel om die Afrikaanse taal in beskerming te neem nie, maar strek veel wyer en lê ook in vertrekpunte met betrekking tot die bestudering van die wetenskap, die aard en rol van die universiteit en die vorming en ontwikkeling van studente binne daardie konteks.”
– Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia

Akademia se eerste studente op 3 Maart 2012
OORSIG
Sedert 2010 word daar aan die droom – om ʼn wêreldklas universiteit te bou wat hoop skep vir die Afrikaanse gemeenskap en nageslagte – lewe gegee. Sedertdien het tientalle toegewyde bouers elkeen op ʼn uitsonderlike en unieke wyse aan dié droom gestalte gegee. Akademia, ʼn oproep uit die gemeenskap, is gebore en op 3 Maart 2012 word die eerste studente vir klasbywoning verwelkom.
Vandag, ʼn dekade later, is ons dankbaar en trots op hierdie baanbrekerswerk. Die vestiging van Akademia was ʼn groot gesamentlike gemeenskapspoging. Ná meer as tien jaar se bou, werk Akademia geïnspireer om hoër hoogtes te bereik. Akademia is dankbaar dat daar reeds tien jaar gelede begin is in ʼn tyd waartydens die storms rondom Afrikaans by openbare universiteite nog nie gewoed het nie.
“Die grootste toets vir ’n taal is of die sprekers van die taal, vanuit hulleself, ’n universiteit kan bou.”
– DR. DIRK HERMANN, Akademia-direksielid.
BYDRAES
Finansiële bydraes stel Akademia in staat om ʼn Afrikaanse universiteit te bou.
Akademia se oogmerk is daarom om in 2022 tien miljoen rand in te samel.
Help ons om hierdie doelwit te bereik.
Om verdere finansiële bydraes tot Akademia te lewer, hetsy per gereelde debietorder, eenmalig of andersins, stuur asseblief ʼn e-pos na vriende@akademia.ac.za.
BYDRAES
Finansiële bydraes stel Akademia in staat om ʼn Afrikaanse
universiteit te bou.
Akademia se oogmerk is daarom om in 2022 tien miljoen rand in te samel.
Help ons om hierdie doelwit te bereik.
Om verdere finansiële bydraes (per gereelde debietorder, eenmalig of andersins) tot Akademia te lewer of andersins, stuur asseblief ʼn e-pos na vriende@akademia.ac.za.
Akademia-pioniers vertel
Van niks af na tien jaar se pionierswerk!
Ons is dankbaar vir jou aandeel in Akademia se sukses.