Aansoeke vir koshuisverblyf
Wat behels ʼn koshuislewe by huise Hennops, Strelitzia en Valorem?
Akademia as hoëronderwysinstelling is uitsonderlik en uniek. Een van die hoofredes hiervoor is dat studente (of hoe ons hulle noem, Fonties) blootgestel word aan ʼn gebalanseerde en opwindende studentelewe. Die hartklop van so ʼn studentelewe word gevind in koshuise. Dit word sigbaar in die manier waarop koshuise studente vorm dat die waardesisteem en beginsels wat hulle by die koshuis leer deel van hulle identiteit raak. ʼn Aspek wat nie losgemaak kan word van ons koshuislewe nie, is Akademia se opvoedingsideaal wat sigbaar is in alles wat gedoen en gesê word. Studente ontvang wêreldklas opleiding sowel as opvoeding. Dit het tot gevolg dat koshuisstudente aan hulle optrede en denkwyse uitgeken sal word. ʼn Koshuis is ʼn nuwe tuiste weg van jou huis af en gaan jou vorm op maniere wat jy nooit sou gedink het nie. Dit is ongetwyfeld so dat die koshuislewe iets is waarby enige student moet inskakel. Dit sal ʼn positiewe invloed op die res van jou lewe hê. Om deel te vorm van hierdie koshuise is ʼn voorreg en die huiskomitee (HK) sien uit daarna om jou deel van ons koshuisfamilie te maak.
Voltooi die vorm om aansoek te doen vir koshuisverblyf by Akademia:
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE