Kampusopedag op 10 en 11 Mei is in

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Die Feesbundel neem Afrikaanse navorsing by Akademia na nuwe hoogtes

Die Feesbundel neem Afrikaanse navorsing by Akademia na nuwe hoogtes Gepubliseer op: 21 Junie 2023 Die Feesbundel is vanjaar op 4 April by Akademia se akademiese prestigefunksie by Atterbury Teater bekendgestel. Hierdie bundel is ʼn spesiale multidissiplinêre publikasie met die tema “Dekade van pionierswerk” ter viering van Akademia se tiende jaar van klasgee in 2022. […]

KI en kletsbotte, ʼn bedreiging of geleentheid vir joernalistiek?

KI en kletsbotte, ʼn bedreiging of geleentheid vir joernalistiek? Geskryf deur Yolandi Groenewald, ʼn dosent in Joernalistiek by Akademia. Gepubliseer op: 19 Junie 2023 Kunsmatige intelligensie (KI), die gonsterm van 2023, het ook sy tentakels in nuuskantore dwarsoor die wêreld ingeslaan. Dit word duidelik dat joernaliste algoritmes en KI-instrumente, soos byvoorbeeld kletsbotte, onder die knie […]

Akademia se Krugersdorp-sentrum reik uit na kwesbare kinders

Akademia se Krugersdorp-sentrum reik uit na kwesbare kinders Gepubliseer op: 19 Junie 2023 Nauurse afstandstudente verbonde aan Akademia se Krugersdorp-sentrum het gedurende Meimaand vir ʼn wyle hul handboeke en kontaksessies verruil vir ʼn uitstappie na die Baba Moses-kinderhuis, ʼn plaaslike tuiste vir kwesbare kinders. Die doel van die besoek was tweeledig. Eerstens het dit aan […]

Beraders word sepieslim en leer meer oor verhoudings by Akademia-dosent

Beraders word sepieslim en leer meer oor verhoudings by Akademia-dosent Gepubliseer op: 19 Junie 2023 Daar word gesê dat om na sepies te kyk, óf te luister, is soos om by jarelange geliefde vriende te kuier. Om die waarheid te sê, dit is juis hierdie gehegtheid tussen die karakters en sepievolgelinge wat dié genre een […]

Die belangrikheid van lees vir ons jeug

Die belangrikheid van lees vir ons jeug Geskryf deur Juanmarie Pretorius, projekkoördineerder vir die Skolemark by Akademia. Gepubliseer op: 15 Junie 2023 Ter viering van Jeugmaand in Junie kyk ons na die belangrikheid van lees vir ons kinders. Verskeie studies het al getoon dat om kinders van ʼn jong ouderdom af bloot te stel aan […]

Bevry jouself só van skuldstrik

Bevry jouself só van skuldstrik Geskryf deur Monique Brasler, deeltydse dosent in Finansiële Beplanning by Akademia. Gepubliseer op: 13 Junie 2023 As dit kom by persoonlike geldsake dan trek menige Suid-Afrikaner swaar aan stygende lewenskostes. Om die waarheid te sê, dit raak al hoe moeiliker vir Jan en San Alleman om nie skuld aan te […]

Akademia-dosent een van sestien kenners wat Multimodaliteit-kollokwium bywoon

Akademia-dosent een van sestien kenners wat Multimodaliteit-kollokwium bywoon Gepubliseer op: 12 Junie 2023 Dr. Nic de Jager, ʼn dosent in die Fakulteit Opvoedkunde by Akademia, en ʼn kenner op die gebied van multimodale pedagogiek, was een van sestien deelnemers aan die Multimodaliteit-kollokwium wat vanaf 28 tot 31 Mei in Stellenbosch aangebied is. Hierdie byeenkoms is […]

Oos, wes, Akademia bes vir Roets-susters

Oos, wes, Akademia bes vir Roets-susters Niné, Kayla en Cathleen Roets is méér as net susters, hulle is mekaar se beste vriendinne, jarelange vertrouelinge, passievolle ondersteuners én met die ingang van 2024 ook almal klasdrafmaats by Akademia se kampus in Centurion. Die oudste twee Roets-sussies, Niné (20) en Kayla (18), studeer reeds by Akademia en […]

Op die spoor van die klassieke Europese filosowe

Op die spoor van die klassieke Europese filosowe Prof. Pieter Duvenage, dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe by Akademia, het gedurende Meimaand besoek aan Europa afgelê. Hierdie besoek het aan hom die geleentheid gebied om as reisende filosoof in die voetspore van verskeie klassieke filosowe soos Fichte, Schelling, Hegel, Goethe en Schiller te volg. Tydens sy […]

Akademia vier Wêreldakkreditasiedag

Akademia vier Wêreldakkreditasiedag Ter viering van Wêreldakkreditasiedag wat vanjaar op 9 Junie plaasvind, deel Akademia antwoorde op gereelde vrae rakende akkreditasie en erkenning van kwalifikasies wat aan die instelling gerig word. Deur watter instansie word die programme wat Akademia aanbied geakkrediteer? Akademia is ʼn privaat verskaffer wat geakkrediteerde universiteitsvlakkwalifikasies in Afrikaans aanbied. Die Akkreditasiekomitee van […]

Akademia se vormingsideaal voer ook die opdrag van die kerk uit

Akademia se vormingsideaal voer ook die opdrag van die kerk uit Geskryf deur Henk Schalekamp, voorsitter van Akademia se direksie Johannes 21:15-18 (2020-vertaling) 15 Toe hulle klaar was met ontbyt, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon, seun van Johannes het jy My baie lief, meer as hulle?” Hy sê vir Hom: “Ja, Here, U weet […]

Akademia-paneelgesprek bespreek vertaling van Plato-werke

Akademia-paneelgesprek bespreek vertaling van Plato-werke Die Afrikaanse vertaling vanuit Grieks van die boek, Plato se dialoogtrilogie uit die laaste dae van Sokrates, is onlangs deur die Akademia Uitgewery gepubliseer. In refleksie hiervan het Akademia ʼn bekendstellingsfunksie op Vrydag 2 Junie by Leriba in Centurion aangebied. ʼn Latere paneelgesprek het gevolg en het ten doel gehad […]

Opwindende eerste semester vir BComHons-studente by Akademia

Opwindende eerste semester vir BComHons-studente by Akademia Die BComHons (Ondernemingsbestuur)-kwalifikasie is vanjaar vir die eerste keer by Akademia aangebied met die inname wat uit negentien studente bestaan. ʼn Aanlyn oriënteringsessie het die eerste semester vir die studente op 27 Februarie afgeskop waarna die studente mekaar van aangesig tot aangesig kon ontmoet by sessies in onderskeidelik […]

Akademia-alumnus maak ʼn daadwerklike bydrae tot die bevordering van vroueregte

Akademia-alumnus maak ʼn daadwerklike bydrae tot die bevordering van vroueregte Daniélle Hayward, Akademia-alumnus in BCom (Ekonomie en Regte), glo dat om ʼn verskil in die wêreld te sien, jy self ʼn verskilmaker moet wees. Getrou aan dié lewensfilosofie, kyk sy doelbewus anders na die omgewing waarin sy haar bevind, asook na die kwessies waarmee sy […]

Akademia stel NP van Wyk Louw-sentrum bekend

Akademia stel NP van Wyk Louw-sentrum bekend Die NP van Wyk Louw-sentrum is op 25 Mei 2023 tydens ʼn funksie by Akademia se Centurion-kampus bekendgestel. Die gaste by die bekendstelling is toegespreek deur prof. Danie Goosen, Akademia se akademiese hoof, dr. Daniël Maritz, bestuurder van die NP van Wyk Louw-sentrum en dr. Carel Boshoff wat […]