Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Akademia woon kollokwium oor veranderende hoëronderwysomgewing by

Gepubliseer op: 18 Maart 2019

Vier van Akademia se akademici, Mareli van der Merwe, Sunel Combrinck, dr. Saretha Brüssow en Elzette le Roux, het op 12 Maart 2019 ʼn kollokwium getiteld “Veranderinge in Patrone van Studentebestuur” bygewoon. Hierdie kollokwium is deur die Raad op Hoër Onderwys aangebied.

Die doel van die kollokwium was om die konteks en belangrike kenmerke van die veranderende studentepolitieke landskap te bespreek. Die voorleggings het gehandel oor die strukturele veranderinge in studentebestuur wat uit die veranderende studentepolitieke landskap ontstaan ​​het. Die wyses waarop hoëronderwysinstellings op dié veranderinge gereageer het, is ook bespreek.

Die fokus van hierdie kollokwium was om moontlike gapings in studentebestuur, en die aksies wat benodig word om hierdie gapings aan te spreek, te identifiseer. Antwoorde op die volgende vrae het as vertrekpunt gedien om ʼn beter insig in die veranderde hoëronderwysomgewing te kry: Of die vernaamste strukturele veranderinge in studentebestuur wel studente se belange bevorder het, en watter effek die veranderinge in die patrone van studentebestuur op verskeie elemente het. Hierdie elemente sluit in die veranderinge in onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsdiens, en studente se leerervaring.

Akademia beoog om die insigte vanuit hierdie kollokwium te gebruik om volgehou aanpasbaar en gereed te wees vir die veranderende hoëronderwysomgewing in Suid-Afrika, en verder te streef na onderrig en opvoeding van die hoogste gehalte.

Van links na regs: Mareli van der Merwe (dosent: Ondernemingsbestuur), Sunel Combrinck (koördineerder: Studentesake), dr. Saretha Brüssow (dekaan: Onderrig en Leer), en Elzette le Roux (koördineerder: Onderrig en Leer) van Akademia het op 12 Maart 2019 die Raad op Hoër Onderwys se kollokwium oor Veranderinge in Patrone van Studentebestuur bygewoon.