Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Akademia-studente ontwikkel aanlyn werkportaal

Gepubliseer op: 7 Augustus 2018

Studente in die Elitebeursprogram by Akademia het ʼn innoverende aanlynportaal, genaamd Tempstudent, ontwikkel waar medestudente kan registreer om kennisgewings vir deeltydse werksgeleenthede te ontvang. Die portaal word deur die Solidariteit Beweging se verskeie instellings gebruik sodra daar ʼn behoefte vir ekstra hande is om tydelik met ʼn bepaalde projek te help.

Hierdie portaal, met die leuse “Deur studente, vir studente” bied die geleentheid aan studente om werkservaring op te doen en sakgeld te verdien – terwyl hulle studeer. Tempstudent het ontstaan as deel van Akademia se Elitebeursprogram, waar die uitgesoekte studente in Ondernemingsbestuur getaak is om ʼn projek te loods. Die Tempstudent-groep was verantwoordelik vir die konseptualisering, saamstel van die projekplan, en die uitvoering daarvan nadat dit deur ʼn paneel van deskundiges goedgekeur is.

Nie net maak hierdie Tempstudent-groep ʼn verskil in die lewe van vele studente nie, maar hulle leer prakties hoe om ʼn sakeonderneming op die been te bring, hoe om saam met kollegas te werk, en hoe om uitdagings in ʼn sakeonderneming te oorkom.

Studente kan op die Tempstudent-webblad registreer om in kennis gestel te word van deeltydse werksgeleenthede en sodoende ekstra geld verdien en werkservaring opdoen.

Jean-Pierre Erasmus, Yolandi Kruger, Nadine Slump en Chimoné Kapp (links na regs)
Jean-Pierre Erasmus en Rohan Pieterse (links na regs)