Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Hervorming 500: Die 95 stellinge

Gepubliseer op: 31 Oktober 2017

Die FAK stel op 31 Oktober 2017, presies 500 jaar na Luther sy 95 stellinge teen Wittenberg se kerkdeur vasgespyker het, die Afrikaanse vertaling uit die oorspronklike Duits beskikbaar.

Uit liefde vir die waarheid en met die begeerte om die waarheid openbaar aan die orde te stel, sal daar in Wittenberg oor die volgende stellings gedebatteer word onder die voorsitterskap van die eerwaarde monnik Martinus Luther, met ’n magistergraad in Vrye Kunste (geesteswetenskap) sowel as in die heilige teologie, tans volle professor te Wittenberg. Daarom versoek hy die mense wat nie teenwoordig kan wees en mondelings met ons kan debatteer nie, om dit in hulle afwesigheid skriftelik te doen.

In die Naam van ons Here Jesus Christus.

1. Omdat ons Here en Meester Jesus Christus sê: “Doen boete” (Bekeer julle) (Matt. 4:17) wou Hy gehad het dat die hele lewe van gelowiges ’n lewe van boetedoening (bekering) moet wees.

2. Hierdie woord (bekering)* kan nie in die betekenis van die sakramentele boetedoening verstaan word nie. (Dit is in die sin van bieg en vergoeding wat deur die…lees meer>