Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Honderd jaar sedert Lenin se Russiese Rewolusie

Gepubliseer op: 10 Julie 2017

Akademia bied op 31 Julie 2017 ‘n gedenklesing aan by die eeuwording van die Russiese Rewolusie, waartydens Wladimir Lenin aan die mag gekom het en die grondslag vir die USSR gelê is. Die Russiese ekonoom en ekonomiese historikus, prof Yuri Maltsev, gaan as hoofspreker die USSR en sy Suid-Afrikaanse nalatenskap bespreek.

Die rewolusie van 1917 het die Russiese keiserryk tot ’n val gebring en word steeds jaarliks deur die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party gevier. ’n Voorlopige regering wat gevorm is ná die abdikasie van tsaar Nikolaas II se mag is uiteindelik met die Oktober-rewolusie in ʼn staatsgreep deur die Bolsjewistiese leier Wladimir Lenin oorgeneem. Die rewolusie is gevolg deur die Russiese Burgeroorlog, waarna die Sowjetunie in 1922 tot stand gekom het.

Prof Maltsev was lid van die Sowjetunie se senior ekonomiese span wat aan president Mikhail Gorbachev se herstruktureringsprogram gewerk het, voordat hy in 1989 na die VSA gevlug het. Hy is tans ʼn professor van ekonomie aan die Carthage College in Wisconsin en ʼn senior genoot van die Ludwig von Mises Institute in Alabama, VSA. Hy was ook ’n senior genoot aan die Verenigde State se Vredesinstituut in Washington, waar hy uitvoerende beamptes binne die regering oor kwessies van nasionale sekuriteit en buitelandse ekonomiese beleid geadviseer het.

Kontak Akademia as jy dié uitsonderlike geleentheid wil bywoon: stefane@akademia.ac.za