Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Akademia se studenteraad aangewys

Gepubliseer op: 11 Mei 2017

Vyf studente van Akademia is verkies om op die studenteraad (SR) te dien. Hulle is Riaan Zandberg, Rune James, Yolandi Scholtz, Ruan Beukes en Suné Samons.

Riaan is as voorsitter verkies en sal die Vanderbijlpark, Somerset-Wes, Paarl en Bellville-sentrums dien. Hy is vir die BCom Bestuursrekeningkunde-graad ingeskryf. Rune is in haar tweede studiejaar vir die BCom Bestuursrekeningkunde-kwalifikasie en is studenteraadlid vir die Centurion-studiesentrum. Yolandi het vanjaar vir die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde ingeskryf en sal die studiesentrums in Boksburg en Krugersdorp dien. Ruan is ʼn eerstejaarstudent wat vir die BCom Bestuursrekeningkunde-program ingeskryf is en is studenteraadlid vir die Bloemfontein en George-sentrums, terwyl Suné, wat in die tweede jaar van haar BCom Bestuursrekeningkunde-studies is, vir die Moot en Lynnwood-sentrums sal sorg.

Die SR is daar om elke student se studentelewe te vergemaklik, te bevorder en as kommunikasiekanaal tussen Akademia en die studente te dien. Akademia wens die studenteraad sterkte toe en is opgewonde oor die verskil wat hulle vanjaar gaan maak.