Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Word ‘n Akademia-alumnus

Gepubliseer op: 10 April 2017

Afgestudeerdes en belangstellendes word genooi om deel van die Akademia Alumnivereniging te word, ʼn netwerk wat jou die geleentheid bied om aan alumni-aktiwiteite deel te neem en ʼn ambassadeur van Akademia in jou gemeenskap, die land en die wye wêreld te wees.

Liana Venter, registrateur van Akademia, sê huidige en afgestudeerde studente is die belangrikste komponente van ʼn tersiêre instelling. “Elke alumnus is vir Akademia belangrik, aangesien hulle Akademia se naam hoog hou in hul gemeenskappe. Akademia wil geken word aan die top gehalte van ons alumni, wat na afloop van hul studies in elke gemeenskap waar hulle hulle bevind, ʼn daadwerklik verskil kan maak. Die Alumnivereniging is trots op ons graduandi se sukses in die wêreled daarbuite.”

Alumni word op hoogte gehou van werksgeleenthede, loopbaanontwikkeling en ander moontlikhede wat tot hul voordeel strek. Sluit by die Akademia Alumnivereniging aan en bou saam aan die toekoms van topgehalte hoër onderwys. Stuur ʼn e-pos na alumni@akademia.ac.za vir navrae.