Solidariteit Helpende Hand bied vanjaar vir die derde keer die gewilde wiskunde winterskool aan. Ervare Wiskunde-onderwysers bied die klasse landwyd deur Akademia se elektroniese platforms aan.

Die winterskool bied ʼn goeie geleentheid vir leerlinge om seker te wees dat hul deeglik hersiening doen voor hul rekordeksamen en eindeksamen. Goeie prestasie in wiskunde ontsluit die deure na verdere studies en verseker dat leerlinge eendag ‘n goeie werk sal hê!

Koste beloop R150 per dag en jy moet per dag bespreek. Die R150 sluit ‘n kospakkie in.

Besprekings en kaartjies kan hier gekoop word:

12 Julie 2017 | 13 Julie 2017 | 14 Julie 2017 | Al 3 dae