Studiesentrums

Akademia volg ʼn onderrigleermodel wat ondersteuningstrukture rondom studente vestig waardeur die suksesvolle voltooiing van studies bevorder word. Een van die belangrikste ondersteuningskomponente is dat voorgraadse studente verplig word om nauurse klasse by een van die elf interaktiewe studiesentrums regoor die land by te woon.

Voornemende studente moet met registrasie aandui by watter sentrum hulle sal inskakel. Studiesentrums word spesifiek in Afrikaanse gemeenskappe geopen om toeganklikheid tot universiteitsvlakopleiding so maklik as moontlik te maak. Elkeen van hierdie sentrums is toegerus met moderne videokonferensie-tegnologie, en gratis internettoegang is by alle sentrums beskikbaar om studente toegang tot Die Spens, Akademia se unieke aanlyn ondersteuningstelsel en biblioteek, te gee.

Studiesentrums-Kaart-01

Sien elke individuele studiesentrum se adres hieronder:

Groenewoudstraat 48, Bloemfontein

NG Kerk Boksburg-Suid, Jubileestraat 55, Boksburg

Von Willichlaan 284, Centurion

Eerste vloer, Joubert-plaza, Meadestraat 100, George

Lismorestraat 20, Krugersdorp

Pastorielaan 11, Paarl

NG Kerk Pierneefrand, Heckroodtlaan 314, Pretoria

Lynnwoodweg 408, Pretoria

Firmountstraat 82, Kaapstad

Montrose Place, 2de vloer, Bella Rosa Straat 2, Rosenpark, Kaapstad

Paxtonstraat 2, Vanderbijlpark