Klerkskappe

Akademia bied aan voornemende en ingeskrewe Akademia-studente die geleentheid om op hierdie blad aansoek te doen om vir potensiële SAIBA-, SAIPA-, SAICA- en CIMA-klerkskappe, wat deur verskeie geakkrediteerde werkgewervennote aan Akademia-studente gebied word. Hierdie maatskappye is op soek na dinamiese, gemotiveerde individue wat beoog om ’n beroep in die finansiële bedryf te volg.

Meeste van hierdie internskappe sluit ʼn klerkskapkontrak van tot en met drie jaar met so ʼn vennootmaatskappy in, en van die maatskappye bied ook aan suksesvolle kandidate verdere industrie-spesifieke opleiding, soos byvoorbeeld sagteware-opleiding, en vele meer. Daar is selfs van die vennootmaatskappye wat aan suksesvolle kandidate rentevrye studielenings bied, wat met verdienstelike punte in gedeeltelike of vol beurse omgeskakel kan word! Alle maatskappye sluit ook ʼn maandelikse klerkskapsalaris in.

Aansoekers vir klerkskappe sal slegs oorweeg word indien:

  1. Hul ‘n kwalifiserende ingeskrewe studente of voornemende student by Akademia is (studente se studentenommer moet sy aansoek vergesel) – afgestudeerde studente van Akademia is ook welkom.
  2. Student moet sy / haar eie vervoer hê, en betroubaarheid is ‘n moet!
  3. Student moet sy / haar aansoekvorm invul, en die vereiste dokumentasie aanheg.

Let Wel:

Alle klerkskappe wat gebied word, word deur vennootmaatskappye geakkrediteer by die betrokke professionele liggame. Akademia se rol is slegs die van fasiliteerder wat CV’s van kwalifiserende Akademia studente na die verskillende werkgewer vennote sal deurstuur.

Indien ‘n student / voornemende student wel vir ‘n onderhoud genooi word deur sodanige vennoot, is dit ‘n transaksie tussen die vennootmaatskappy as werkgewer en die student self, en neem Akademia geen verantwoordelikheid vir die kontraktering van so ‘n student nie. Die tipe internskap en akkreditasie daarvan word deur die werkgewer self met die suksesvolle kandidaat onderhandel, en hoewel Akademia poog om met geakkrediteerde en legitieme werkgewers in vennootskap te tree, aanvaar Akademia geen verantwoordelikheid vir die akkreditasie van sodanige klerkskap nie.

Die kwalifiserende Akademia kwalifikasies om voor in te skryf vir 2017 studiejaar is ‘n driejaar BCom Bestuursrekeningkunde graad of ‘n eenjaar Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde.

Die aansoekvorm onderaan die bladsy hieronder behels die skryf van ‘n kort motivering waarom jy oorweeg moet word vir ‘n onderhoud by ‘n vennoot werkgewer, asook die oplaai van die volgende dokumente:

  1. Jou Akademia studentenommer
  2. Jou gesertifiseerde ID dokument
  3. Jou gesertifiseerde puntestaat (mees onlangs – vir matrieks – rekordeksamen punt)
  4. Jou CV

Aansoeke vir die internskappe vind aanlyn plaas en aansoekers kan die onderstaande aansoekvorm invul. Vir meer inligting oor Akademia se twee finansiële kwalifikasies wat vir 2017 kwalifiseer vir klerkskappe, kliek op die skakels hieronder:

Graad in BCom Bestuursrekeningkunde

 

Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde

 

Hierdie is ‘n ongelooflike geleentheid om jou klerkskap te doen terwyl jy studeer – werkservaring op te doen en terselfdertyd ‘n salaris te verdien! So waarvoor wag jy – die eerste rondte aansoeke sluit reeds 27 November, so tyd is min!

Ons sien uit om van jou te hoor!

Meer name volg binnekort

Aansoekvorm

  • Drop files here or
  • Drop files here or
  • Drop files here or
Doen nou aansoek