Laai Gebeuree

« All Gebeure

  • Hierdie gebeurtenis is al verby

Lesing deur prof Danie Goosen

3 Mei @ 10:00 vm - 12:00 nm

Akademia streef die universiteitsideaal in Afrikaans na. Maar wat is die universiteitsideaal dan nou soseer, en waarom sou ons dit nastreef, behalwe om bemarkingsredes en nostalgie? En waarom in Afrikaans? Hoe kan ons meer as gespesialiseerde kennis oordra en seker maak dat ons studente ook insig het en afgeronde mense is? As ons sê Akademia het ‘n kort geskiedenis, maar ‘n groot erfenis, wat bedoel ons?

Professor Danie Goosen bied ‘n lesing oor Christendom versus Empaaier: Die Westerse kultuurerfenis aan. Wat professor Goosen aantoon is hoe groot Akademia se erfenis is, en hoe daardie erfenis die grondslag van ons samelewing se hedendaagse vryhede en bestaan vorm, en waarom ‘n universiteit daardie erfenis moet verreken om waarlik universiteit te wees.

Professor Goosen is ‘n lid van Akademia se adviesraad, was onlangs die spreker op ons  gradeplegtigheid, en is ‘n gerekende navorser en akademikus oor die temas van gemeenskap en plek, tradisie en vernuwing, en individualisme, kultuur en globalisme.

Besondehede

Datum:
3 Mei
Tyd:
10:00 vm - 12:00 nm