Laai Gebeuree

« All Gebeure

  • Hierdie gebeurtenis is al verby

Gradeplegtigheid

7 April @ 8:00 vm - 12:00 nm

Tydens die gradeplegtigheid van 7 April ontvang altesaam 76 Akademia-studente hul kwalifikasies. Akademia is besonder trots op die eerste groep BCom Ondernemingsbestuur-studente wat graad vang. #Akademia2017

 

Studente moet by die teater se ingangsportaal aanmeld. Daar sal aanwysings wees na waar registrasie plaasvind, waar die togas afgehaal kan word en waar foto’s geneem word.

Om 9:30 meld alle studente voor die teater by die ingangsportaal aan om in volgorde geplaas te word en by die teater in te beweeg vir die seremonie.

Na die seremonie sal daar ‘n groepsfoto van alle studente in die teater geneem word, terwyl die gaste solank ligte verversings in die voorportaal geniet. Graduandi kan na die tyd nog foto’s neem.

Besondehede

Datum:
7 April
Tyd:
8:00 vm - 12:00 nm

Organiseerder

Akademia
Telefoon:
0861 222 888
Webtuiste:
http://akademia.ac.za/

Plekke

Atterburyteater
Daventrystraat 4
Pretoria ,Gauteng, 0081, South Africa
+ Google Kaart