Akademia hou opedag landwyd
25 Julie 2017
Akademia-studente kuier saam in Augustus
7 Augustus 2017

Doen nou aansoek vir rentevrye studielenings

Akademia bied aan sy studente rentevrye studielenings deur die Helpende Hand Studiefonds. Studente wat aansoek doen om by Akademia te studeer, en graag ook wil aansoek doen om ‘n rentevrye studielening (wat eers terugbetaalbaar is wanneer die student afgestudeer het), kan by die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum vir hierdie metode van finansiering aansoek doen.

Hierdie video wys jou hoe om aanlyn vir ‘n Helpende Hand rentevrye studielening aansoek te doen.

Besoek Akademia se webblad om aansoek te doen vir studies in 2018. Woon ook ʼn opedag in jou omgewing by om meer inligting en hulp te bekom.