Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia besit die WAT se “universiteit”

Gepubliseer op: 21 Augustus 2017

Akademia is die trotse eienaar van die woord “universiteit”, nadat die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) die woord eksklusief en permanent aan die instelling toegeskryf het.

[one]

universiteit s.nw.
Inrigting vir gevorderde naskoolse studie en navorsing wat gemagtig is om akademiese grade in die kunste en wetenskappe toe te ken.

Uit Nederlands universiteit.In Middelnederlands het universiteit ook “hoërskool” beteken.
Ndl. universiteit kom uit Frans université, of direk uit Latyn universitas, met laasgenoemde van universus “gesamentlik, geheel, algemeen”, ‘n samestelling van uni en versus, met uni van unus “een” en versus van vertere “in ‘n bepaalde rigting wend”.  Letterlik vertolk was die universiteit oorspronklik ‘n plek waar alles saamgekom het om ‘n geheel te vorm, waar alles na mekaar gedraai is.

[/one]

Gerdus Senekal, Akademia se publikasiebestuurder, verduidelik dat Akademia besluit het om die woord “universiteit” te koop omdat dié instelling in kern op die universiteitswese, in die sin van opleiding én opvoeding, in Suid-Afrika gefokus is.

“Met inagname van die feit dat Akademia toegespits is op Afrikaanse moedertaalonderrig, was dit ʼn vanselfsprekende besluit om die WAT te ondersteun.”

Volgens dr Willem Botha, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT, mag woorde wat gekoop is nie deur ander persone geborg of gekoop word nie, maar geborgde woorde kan steeds deur ander mense geborg word. Elkeen ontvang sy eie sertifikaat met sy of haar woord en naam daarop.

“Die Afrikaanse woordeskat bestaan uit meer as een miljoen woorde. Borg ‘n Woord het Afrikaanssprekendes opnuut bewus gemaak van die waarde van woorde.”

Deelnemers aan Borg ‘n Woord help om te verseker dat Afrikaans in sy wydste omvang vasgevang word in ‘n woordeboek wat in gedrukte formaat, maar ook digitaal op die internet en op jou selfoon beskikbaar is.